
(of - Teen die Vals Propaganda)
Een van die mees gloeiende getuienisse tot die karakter van die Boer en sy agtergrond, was deur Sir Arthur Conan Doyle, geskryf; skrywer van "The Great Boer War", en bekend gemaak deur sy "Sherlock Holmes" reeks. Doyle, wie met die Britse weermag vir ‘n goeie deel van die oorlog was, skryf in ‘n taamlik dramatise styl oor die onderwerp, maar sy aanhaling dien wel om die ander sy van die Boer se karakter, noggal welsprekend, te illumineer. In die geloof dat die oorlog binnekort klaar sal wees, het hy geskryf;
"En dus het ons aan die einde van ‘n lang pad gekom, verby die stryd van die penne en die struweling van tonge, tot die arbitrasie van die Lee-Metford en die Mauser. Dit was jammerlik dat dit tot diè moes kom. Hierdie mense was so na ‘n stamverwant aan ons as enige ander ras wat nie ons eie is nie. Hulle was van die selfde Friesian wortelstok wat ons mense ook deël. In gewoontes, gemoed, geloof, respek vir die gereg, hulle was soos onsself.
Braaf ook, was hulle, en gasvry, met daai sportiewe instinkte wat so na aan die Anglo-Celtise ras is. Daar was nooit so volk ter wereld met meer kwaliteite wat ons mag admireer, en nie die minste van die, was daai liefde vir onafhanklikheid wat ons trotste spog is wat ons ook in ander aanmoedig en ook onsself uitgeoefen het.
Hulle was ‘n geselskap van Hollanders van die soort wat hulself teen al die mag van Spanje, destyds die grootste mag ter wereld, verdedig het. Hulle was gemeng met ‘n geslag van daai onversetlikke Franse Hugenote wat hul tuiste en rykdom prysgegee het en hul land vir ewig verlaat het. Die produk van diè kombinasie moet noodwendig een van die mees stoer, fors, onoorwinbare rasse ooit op aarde tesienne wees.
Neem hierdie gedugde volk en lei hulle vir sewe geslagte op, in aanhoudende oorlöe teen toestande waaronder g’n swakkeling kan oorlewe nie, plaas hulle so dat hulle besonder kundigheid met wapens en ruiterkuns verwerf, gee hulle ‘n land wat uiters gepas tot die taktikke van die jagter en ruiter is.
Ten einde, sit ‘n fyner stemming op hul militêre kwaliteite deur ‘n streng fatalistiese Ou Testament godsdiens en ‘n vurigge en verterende patriotisme. Meng al hierdie einskappe en al hierdie impulse in een indiwidu en jy kry die moderne Boer –
Die mees besonder teenstander wie Keiserlikke Brittanje ooit teëgekom het…"
In diè sentiment, was Doyle deur president Theodore Roosevelt aaneengevoeg, wie in sy boek "African Game Trails" – ‘n verslag van die Afrika swerwery van ‘n Amerikanse Jagter-Naturalis – geskryf het, "Die Boere het hulself bewys as te hard ‘n neut om te kraak vir selfs Groot Brittanje met al haar mag. Vyf jaar na ‘n verwoestende oorlog is hulle weer in die oorwig. Hulle kan nie onderdruk word nie! Hulle is bestem om ‘n vermaande nasie to word want hulle besit die drie noodsaaklikke qualiteite vir die maak van ‘n vermaande nasie: ‘Hulle is goeie vaders, goeie vegters en goeie Christene’." (p. 19-21)
Vertaal deur EngelseBoer (Malcolm Wren)
|