Home
16th December
Introduction
ACTS, BILLS, LAWS
ANC Myths
Are you being watched?
Boers
Charities/Welsyn
Dangers of SA
Encouragement
Farming...?
Farm Murder Stats
Forums
GENOCIDE
Guestbook
Home???
Hunters
Links
Mandela beneath Halo
NEWS  NUUS
Patriotic Melodies
People who impact
Perspectives
Petitions
Photo Album
Project 10,000 x 100
Projek 10,000
Prophesy Africa
Radio Talk Shows
Rape
Save your Roadmaps!
Soul Walk
South Africa
Stories for change
Virtual Library
Voices of Ex Pat's
White homeland??
Who owns the land?
Wikipedia
Zuma new president?!
ANC Farce
Reconciliation??
AWB
Moaning white racists
 





is doelgerig om Suid Afrikaners teen misdaad te help.


Hierdie is nie net nog 'n petisie nie.

Indien misdaad in Suid Afrika u pas, druk dadelik "delete". Indien nie, kan u help om die situasie te verander, maar u sal 'n daadwerklike bydrae moet maak......

Die Suid Afrikaanse regering ontvang ‘n immorele “inkomste” as ‘n direkte gevolg van ons vrees vir misdaad en misdadige aksies, en elke keer wanneer ‘n misdaad gepleeg word. Hoe gebeur dit?


Die sekuriteits-industrie in Suid Afrika is ‘n Biljoen Rand bedryf. Vir elke (na-belasting) Rand wat bevreesde Suid Afrikaners spandeer om hul lewens en eiendom te beskerm, ontvang die SA regering 14% BTW. (In Gauteng betaal 2 miljoen huiseienaars +/- R240 per maand vir die dienste van gewapende reaksiemag (nie misdaadvoorkoming nie!!!) Kom ons bereken: 2 miljoen x R240 x 12 maande x 14% BTW = R,00 (Agt Honderd en Ses Miljoen Vier Honderd Duisend Rand) in slegs 1 provinsie uit 9)) Indien u ‘n slagoffer van misdaad word, en uitgawes het ten opsigte van die herstel van fisiese en geestelike nagevolge, of die vervanging van gesteelde items, ontvang die SA regering 14% BTW op elke verwante transaksie. Byvoorbeeld: Wanneer ‘n persoon ‘n geskaakte voertuig ter waarde van R300 000,00 vervang, ontvang die regering R42000,00 se BTW as ‘n direkte gevolg van die misdaad, en dit nadat u alreeds BTW op u oorspronklike aankoop betaal het. Indien u te sterwe sou kom as gevolg van so ‘n motorskaking, eis die SA regering boedelbelasting, en dit nadat dieselfde regering in gebreke gebly het om vir Suid Afrikaners na 10 jaar van demokrasie ‘n veilige omgewing te skep, of ons regte te beskerm, soos gestipuleer in die grondwet van Suid Afrika.

Wat dink u was die regering se boedelbelasting-inkomste as ‘n direkte gevolg van die plaasmoorde van 1782 boere sedert 1994? En die oordragkoste van “gedwonge” verkoop van plase nadat die plaas-eienaar vermoor is?

STAND en PRIORA FORUM rig hiermee ‘n uitnodiging aan alle Suid Afrikaners om deel te word van ‘n groeiende nasionale aksie om die regering van Suid Afrika te motiveer om hierdie “inkomste” as ‘n direkte gevolg van misdaad prys te gee. In die lig van die regering se konstante versoek aan die populasie om misdaad “nie-winsgewend” te maak vir die krimineel deur nie handel te dryf in gesteelde goedere nie, het die tyd aangebreek vir die regering van Suid Afrika om te lei deur ‘n voorbeeld te stel en die misdaad verwante finansiële las op die skouers van die gewone man op straat te verlig, en sulke uitgawes belasting aftrekbaar te maak, die BTW daarop teen 0% te hanteer, en misdaad-slagoffers se boedels kwyt te skeld van enige vorm van boedelbelasting sodat die naasbestaandes van so ‘n slagoffer nie ook die bykomende bekommernis van finansiële “oorlewing” ook nog moet hanteer nie.


* Om alle uitgawes tot beskerming van lewe en eiendom belasting- 
  aftrekbaar te maak, ook vir die gewone salaristrekker.

Voorbeeld: Versekeringspremies, Eiendom beveiliging soos elektriese heinings, diefwering, beweging-sensors, sateliet opsporingstelsels, gewapende reaksie-mag premies, wagte en patrollies, ens.

* Om alle uitgawes tot beskerming van lewe en eiendom teen 0% BTW te hanteer.

Voorbeeld:Versekeringspremies, Eiendom beveiliging soos elektrieseheinings, diefwering, beweging-sensors,satelietopsporingstelsels, gewapende reaksie-mag premies, wagte en patrollies,ens.

* Om alle uitgawes om die nagevolge van misdaad reg te stel, teen 0% BTW te hanteer.

Voorbeeld: Skade aan eiendom en voertuie, vervanging van alle gesteelde items, trauma berading van slagoffers, mediese uitgawes indien ‘n slagoffer beseer is, begrafniskoste in die geval van dood, regskoste, ens.

en

* Om die boedels van persone wat sterf as gevolg van ‘n misdadige aksie.

Voorbeeld: moord, motorskaking, verkragting, gewapende roof, plaas-moord, ens.

kwyt te skeld van enige vorm van boedelbelasting.


PRIORA FORUM en STAND is in die voorbereidings-fase van ‘n konstitusionele verhoor om te bepaal of dit grondwetlik aanvaarbaar is vir ‘n regering om finansieel bevoordeel te word uit ‘n situasie wat duidelik tot nadeel strek van die meerderheid van die populasie. En hoe meer die regering faal in sy taak, hoe groter word hierdie indirekte “inkomste”. Om hierdie aksie suksesvol aan te pak werk STAND en PRIORA FORUM nou saam met onder andere die Free Market Foundation, die Law Review Project en ‘n aantal ander organisasies wat elkeen ‘n unieke bydrae maak om die sukses van hierdie poging te bevorder. Die strategie behels die voorbereiding van ‘n aansoek voor die Hooggeregshof om toegang te verkry tot die konstitusionele hof, en dan voorbereiding van ‘n konstitusionele hofsaak waarin die motivering gestel word soos hierbo.



Die koste struktuur van hierdie aksie word baie mooi uiteengesit deur Mnr Leon Louw van die Free Market Foundation, en ek haal aan:

1. “The zero cost option is where civilians handle the case themselves. Except in rare cases, the zero cost option is unlikely to succeed.”

2. “The medium cost option would be an attorney and a junior counsel (knowledgeable about constitutional law) at regular rates.”

3. “The Rolls-Royce option would be using top attorneys and multiple junior and senior counsel who are leaders in the field. This option could cost as much as R1 000 000,00.”


Indien ons van opsie 3 gebruik maak word beplan om o.a. met die volgende regskundiges te konsulteer vir hulle ondersteuning en dienste in voorbereiding van hierdie aksie: 

Adv. Hamilton Maenetje –specializing in constitutional law.

Adv Norman Davis – junior counsel who is particularly sound on theoretical and conceptual issues.

Attorney Tony Richard – a passionate believer in the constitution and its proper enforcement and interpretation.

Prof Vincent Nmehielle – Prof of Constitutional Law at Wits and on the Law Review Project Board.

Adv Gilbert Marcus SC – most highly respect constitutional lawyer.

Adv Prof David Unterhalter SC – most respected constitutional lawyer.

Gary Moore – partner at one of the big 5 law firms.

Adv Nicholas Tee – junior counsel at the Jhb bar, highly conversant with the constitution and our way of thinking.

.....en enige ander kundige wat moontlik kan help in die voorbereiding van so 'n saak.


Project 10 000 x 100 vra dat 10 000 Suid Afrikaners elkeen ‘n eenmalige finansiële bydrae van R100 maak aan die Trust Fonds-inligting soos gegee aan die einde van hierdie dokument. (Enige ander bydrae sal ook waardeer word). Hierdie fondse sal  uitsluitlik aangewend word vir regskoste en enige aksie wat daaruit voortspruit om die regering van die dag te motiveer om sy verpligting teenoor die populasie van hierdie land in terme van misdaad voorkoming en bestryding, soos beskryf in die konstitusie, na te kom en nie langer te faal en daardeur indirek finansieël bevoordeel te word nie.


STAND en PRIORA FORUM rig hiermee ‘n uitnodiging aan alle “denkende” Suid Afrikaners om enige vrae wat u mag hê in hierdie verband onmiddellik te rig aan die onderstaande kontak-besonderhede. Na 10 jaar van konstitusionele demokrasie het die tyd aangebreek dat alle Suid Afrikaners betrokke raak by ‘n positiewe en finansies-gebasseerde inisiatief om die regering van Suid Afrika te motiveer om te presteer in terme van ons konstitusie. Terwyl ons ‘n verpligting het teenoor die regering van die dag in terme van belasting ens., het die regering van die dag net so ‘n groot verpligting teenoor die populasie van Suid Afrika en is alreeds bewys dat optogte, petisies, ope briewe, debat-voering en pleidooie geen noemenswaardige verskil aan die situasie gemaak het nie. Verdien u, as belastingbetaler van Suid Afrika, om in vrees te leef en ‘n groot gedeelte van u na-belaste inkomste te spandeer aan nuttelose aksies om die misdaadgolf in Suid Afrika simptomaties te behandel? Of het dit tyd geword om die regering van Suid Afrika te motiveer om die konstitusie van Suid Afrika ‘n realiteit vir ons te maak en misdaad te begin voorkom? Die tragiese situasie tans is dat die regering van die dag die populasie van Suid Afrika in die steek laat ten spyte van die feit dat ons die regering “betaal” om ons te beskerm, en as hulle in gebreke bly om dit te doen, betaal ons hulle ‘n addisionele 14% BTW op alle uitgawes wat ons namens hulle aangaan. Hoe lank gaan dit nog voortduur?

STAND en PRIORA FORUM het die moed van ons oortuiging om hierdie aksie aan te pak namens ons mede Suid Afrikaners. Uiterste takt en gesprekvoering sal die basiese fondament van hierdie poging uitmaak, gevolg deur alle wettige aksies om hierdie “wanbalans” in die samelewing te toets in die konstitusionele hof van Suid Afrika.  Ons kan dit egter net doen met die ondersteuning van die meerderheid Suid Afrikaners wat moeg is vir misdaad en die gevolge daarvan. U ondersteuning is van kardinale belang vir die sukses van hierdie inisiatief. Neem standpunt in saam met ons en maak u bydrae so spoedig moontlik.


Dit is nie verpligtend om u kontakbesonderhede bekend te maak nie, en sal onder alle omstandighede as konfidensieel  hanteer word. Ons sal net graag met u wil kommunikeer rakende die vordering wat ons maak. Maak asseblief u bydrae aan die onderstaande inligting:

Trust Fonds Inligting:

Rekening Naam:    Theron Prokureurs

                             Ontdekkersweg 399A, Florida Park, Roodepoort

                             Tel:

Bank:                                                    ABSA, Horison, Roodepoort                

Tak Kode:                                             
630841

Rekening Nommer:                     

Verwysing op u deposito strokie:   P10 000x100


Stuur u besonderhede aan:    STAND

                                                   P.O. Box 1097

                                                   Bromhof, 2154


                                                   FAX: (f)

                                                   Charmaine Rowlands @


                                         E-mail: noviolence

 

               of: 

                                         Priora Forum
                                                   reg no: 2001/004322/08
                                                   P.O. Box 4677


                                                   Cresta, Randburg, 2118.

                                                   Johann Marx @

                                         E-mail: xram


From the Government’s “Moral Regeneration Movement” the following words by Deputy President Jacob Zuma:

“Every South African must be a moral regeneration agent. Proceeding from the ground that the Constitution of the Republic of South Africa provides a framework for the realisation of the country's moral values, all South Africans need to play their part in the promotion of national morals and values.”

http://www.info.gov.za/speeches/2003/.htm

Is die regering nie onderhewig aan dieselfde standaarde volgens hulle “Moral Regeneration Movement” nie? Hoe laat ons dan toe dat hulle finansieël voordeel trek uit die misdaad situasie in Suid Afrika?


Baie dankie aan al die persone wat ons alreeds ondersteun. Sirkuleer asseblief hierdie dokument aan elke Suid Afrikaner wat al 'n misdaadslagoffer was, en besoek www.stand.co.za.  

Met dank. 

 
Top
 
Rescue those who are unjustly sentenced to death;don't stand Info

stopboergenocide.com v 4_3