Home
Introduction
16th December
ACTS, BILLS, LAWS
ANC Myths
Are you being watched?
Boeke/Books
Attacks on Farms
Bybel 'online'
Die Burgemeester
Ma weet mos
Books
Gov by deception
The Great Boer War
Great Boer War Cont.
SA Land Scandal
Chapter 2
Boers
Charities/Welsyn
Dangers of SA
Encouragement
Farming...?
Farm Murders
Forums
Home???
Hunters
Links
NEWS  NUUS
Patriotic Melodies
People who impact
Perspectives
Photo Album
Project 10,000 x 100
Prophesy Africa
Radio Talk Shows
Rape
Save your Roadmaps!
South Africa
Stories for change
Submitting petitions
Victims
Who owns the land?
 



Jochem van Bruggen, skepper van AMPIE, DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS, DIE BURGEMEESTER VAN SLAPLAAGTE en talle ander sketse en verhale, het 'n avontuurlike en kleurryke loopbaan gehad, waarin hy onder andere in 'n agentskantoortjie en in 'n wassery gewerk het en later het hy gaan boer.

Hy is 'n Hollander van geboorte en is op 29 September 1881 in Goed in Zeeland gebore. Byna tien jaar later het hy en sy ouers in Tafelbaai aangekom. In die Staatsgimnasium in Pretoria het hy skoolgegaan totdat hy met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog op kommando gegaan het. Na die oorlog was hy eers 'n ruk lank onderwyser voordat hy gaan boer het op Steenkoppies, naby Magaliesburg.

DIE BURGEMEESTER VAN SLAPLAAGTE is 'n werk wat mens nie gou sal kan vergeet nie. Net soos die gelui van die kerkklok sal dit not lank weerklank vind: 'Kom Sondaars...Kom Sondaars...soos Rustenburg se koster en die burgemeester van Slaplaagte alleen dit kon gedoen het.'


Verlep deur ‘n broeiwarme somerson lê Slaplaagte dooierig in die lank-gerekte holte van ‘n breërug-bulteveld. Dooierig, want ‘n taai droogte het ‘n gees van moedeloosheid laat sak oor die ganse omgewing. Die boerery lê lewensloos, en so te sê nêrens is die arbeid te bespeur nie; selfs die vee wei traag en teësinnig in die harde vaalgras. Lappe mielies staan immekaar gedraai, so treurig om aan te sien soos afgeleefde riete; en pampoenblare bly snags ook al soos vadoeke om hul steeltjies hang. Al die gewasse wat nie af en toe deur die verswakte watertjie benat kan word nie, verskrompel meer and meer - selfs dié wat nou en dan ‘n laafnis ontvang. Selfs die bome, wat hulle wortels diep agter die vogtigheid aanskiet, treur oor die lewe wat van Slaplaagte gewyk het. Net ‘n wilger naby die dam se uitloop floreer en troos al wat daar onder die afhangende lower ‘n skuiling soek, en versag die harde werk van die wasvrou daar langs die plat leiklip hereunder digby die stam - die wasvrou wat moet sorg en verdien vir haar huisgesin daar in die pamantige woninkie wat so eenkant van al die ander huise af staan.

Niks ontsenu ‘n boerdery meer as ‘n aanhoudende droogte nie. Laat stortvlooed op stortvloed neerkletter of ‘n drie-tot agdaagse reën alles deursop, laat haelbuie en windstorms skade aanrig; solank daar net lewe in die klimaat is, sal dit die werklus prikkel en die gees skerp tot weer stand. En stryd bring lewe, en lewe voed die energie wat waterkerings bou en sugslote uithaal en windbreke aanlê en selfs haeltorings oprig. Daar moet net woeling in die nature wees. Maar stadig en gewis verslap die werklus mat die aanhou van die droogte en kwyn die lewe in ‘n boerdery weg; want daar is geen stryd te voer teen stille, strawwe vyand wat onverbiddelik die lewensap opsuig nie. Daarom die gees van neerslagtigheid oor Slaplaagte se gemeenskap, waarin by wyle hier en daar ‘n flickering van opstand weerlig of ‘n sagte glooed van hoop skyn, maar nêrens lewenslus nie.

Slaplaagte is ‘n groot plaas, wat vroeër aan die oupa van die grootste deel van die teenswoordige besitters behoort het. Nou is die plaas opgesny en onderverdeel, en ‘n Klein stukkie is apart afgemeet vir ene Landau, wat daarop sy winkel en basterhotelletjie langs die transport-pad gebou het. ‘n Ander stuk is nou die Goewerment s’n waarop die onderwyserswoning staan, en die skool soos ‘n witgepleisterde bakoond. En nog ‘n ander gedeelte behoort aan ‘n kalkbrandery, en daar lyk dit vandag in die bakhitte regtig na ‘n brandery; en dis ook maar stillerig daar. Met baie lang tussenpose ry ‘n wa lui oor die transport pad van die kalkbrandery af na die stasie, omtrent ‘n uur te perd van Slaplaagte verwyder; altoos in ‘n digte stofwolk ry die wa geduldig aan en kom oor ‘n paar uur net so dooierig van die stasie af terug.

Die eerste aanleg van ou vader Oberholzer bly nog prominent in die middel van ‘n streep opstalle wat met die groei van die familie verrys het - net een huis staan baie eenkant, brutal op ‘n bultjie, asof hy glad nie by enige boerdery wil behoort nie. Nou bly daar in die lank-gerekte holte van Slaplaagte behalwe die Oberholzers, of Oorholsters, soos hulle genoem word, nog die Van Stadens en Lodewikus Prinsloo, wat onder die boere bekend staan as oom Lood en die persoonlikheid is wat in daardie eensydige huisie woon en die groot geluk het om die vrou by die wasplek onder die wilger - tant Levina - as sy vrou te besit.

Al ‘n paar dae het die lug so teen die agtermiddag veelbelowend gelyk, en op plekke in die distrik het ‘n verkwikking geval. Die boere het met groot verlange die weer sien aankom en telkens nog teleurgestel gesien verbytrek. Slaplaagte het groog gebly. Geen wonder dat samelewing so harteloos lyk nie. Daar val niks voor wat stof gee tot gesels nie; dis maar net altoos oor droogte en nog ‘n keer droogte waaroor die mense kan praat - dit skyn of die droogte al die senings van ‘n gemeenskapslewe verlam het. In die dooierigheid lyk die wonings eenkennig, en oor die voetpaaie gloei ‘n hitte op wat onderlinge verkeer ‘n straf maak. Die mense bly maar liefs in hul huise, waar tussen die oop deure tog partykeer ‘n luggie trek; en hulle peusel daar aan ‘n werkie en ja die vlieë wat vandag al te lasting is.

Hendrik Oberholzer, wat in die ou opstal bly, sê vir sy vrou: ,,Daar is seker reën in die lug: die vlieë trap vandag vas oor ‘n mens se gesig.”

En sy vrou gee diékant antwoord: ,,Die weer lyk mooi genoeg daarvoor. Mog die liewe Heer dit tog maar so beskik!”

Hulle kyk gedurig na die groot donderwolke wat bo die bulte uitkop. Uit die siel van alles klim net een sug - ‘n smeekgebed om reën; want die straf roer nou aan die laaste lewenskragte van Slaglaagte. Gebrek, armoede lê daar voor in die duister van die toekoms en wag. Die boere kan moeilik langer Christenmese bly, omdat die toestand hulle harte skommel van hoop op geduld na moedverloor; en dit torring al aan hul huislike lewe.

,,As dit vandag nie reën nie, kan die boerdery vir my part maar na die hoenders gaan!” sê Pieter van Staden, ‘n hardwerkende man in normale tye, en haastig van humeur.

,,En wat sal jy dan beginne, as ek mag vra?” vra sy vrou taamlik vinning.

,,Ek sal maar moet gaan veg! In Duits-Oos of Vlaandere sal ek minstens iets verdien, en dan leef jy tog lekker met die kindertjies!”

,,Is dit jy wat so praat? Jy wat altoos die Regering kastig verwens het omdat ons ook aan daardie oorlog moes deelneem?“

,,Kan ons hier almal sit en vrek tussen die droë bulte?”

,,Die liewe Heer sal wel vir ons sorg, “ is haar oortuiging. ,,Die weer lyk regtig mooi vandag. Kyk hoe die swart bank opkom; hy kan ons so waar nie mis nie - hou nog maar moed, my man.”

Smôrens is daar troos in die verwagting dat die water vandag altemit sal loop. Met die hoogklim van die gloeison verdwyn die troos en bot geduld; nuwe onverskilligheid - maar ook berusting - lei die stemming tot in die middaghitte as die horison sy wolkestapels bou. Dan gly die hoop weldadig deur die drifte en gevoelens en beur die moedelose op en sterk die vrome harte wat geduldig dra, en bring die bure saam om ernstig en opgeruimd die stuwing van die wolkgebergtes te aanskou en te behandel met mekaar, in ‘n koeler atmosfeer buite.


,,Ek stap na oom Heina to,” sê Peiter van Staden vir sy vrou: ,,my litte is al styf van die leeglê!”

Die groot donderwolke het hoog oor die bulte opgeklouter onder die son deur, en dit dreun ook al telkens, dof-dof en vèrweg. Hendrik Oberholzer is agter sy huis, waar dit oop is na die weer se kant toe; en bring nog ‘n stoel uit, want oom Lood het ook aangestap gekom.

,,Nee dankie, boet Heina! Ek sal nie sit nie: ek is ‘n bietjie haastig om die vrou te roep. Sy is nog daar onder by die wasplek, en daar kom ‘n groot storm,” sê oom Lood; en hy vervolg met ‘n roep sug, terwyl hy so staan-staan wil verbystap: ,,Sal die liewe Heer Hom tog maar nie oor die arme sondaar ontferm nie?”

,,As dit in Sy raad besluit is, sal ons vandag reën kry, boet! Die fout lê by ons; die straf is nie onverdien nie,” sê oom Heina ernstig.

Van Staden het al sy aandag by die wolke en oom Lood versuim effens, kom toe nader en skuif hom so half eenkant op die stoel. ,,Ek dreig al die heel week om na jou toe te kom, boet Heina; en dis oor iets waaroor ek en my vrou baie dink en praat; van more vroeg het ons nog so ernstig daaroor gesels,” en met ‘n baie deemoedige klank in sy stem stel hy voor:

to be continued...







 
Top