
Extracts from 'Ma weet mos' by Johan van Pletzen ISBN X Copyright 1982 Folio Uitgawers

Liewe Ma,
Met my gaan dit goed. Hoe gaan dit met Ma?
Pam is baie bly oor die trouery van die Engilse se koning se vrou se kind. Sy naam is Prins Tjaals. Prinse is amper soos konings. Hulle is net nie oud genoeg om baas te wees nie want hille ma is nog baas. Baas van die land en nie baas van die huis soos Ma nie.
Almal weet al van die trouery want hille skryf tot in boeke van dit en wys mense portrette van hoe Tjaals gelyk het toe hy nog net ‘n sersant in die skip loot was met vyf strepe en ‘n kring. ôk waar hy ‘n perd ry wat ‘n mens met ‘n lang hammer moet slaan solat die perd ‘n wit balletjie kan skop.
Hy trou met ‘n meisie wat ôk ‘n lydie is. Lydie is amper diselfde as jintilman. ‘n Lydie is net ‘n regte meisie en maak nie net soos een nie. Haar naam is Daai. Nie soos daai wat nie van die is nie. Engilse Daai met sikke kort hare wat plat kam. Pam kan ôk haar hare kam. Maar net as dit nat is. Annirs word dir weer so rond soos die krulle. Pat het ôk nie van rokke wat mens se nek so lank laat lyk nie.
Hille trou op die tiewie solat almal kan sien hoe dit lyk. Maar hille gaan nie heeltemal op tiewie trou nie. Party is op draadloos ôk solat die mense wat nie tiewies het nie kan dink hille het dit ôk gesien. Soos die rakbie wat mens dink wat mens gesien het as mens dit net gehoor het. Party van die troue gan hille nie eens op ons draadloos of tiewie doen nie. Solat ons dit nie kan sie nie oorlat ons Springbokke by die oorsee gaan speel het. Nou trou hille daardie stikkie sommir vanself vir mekaar.
Pam sê Tjaals het ôk nie ‘n bakkie nie want hy ry met ‘n kar en perde om te trou. Hille het ôk nie ‘n hys om in te bly nie. Sommer net ‘n paleis. Paleis is amper soos flets en baie oud met klippe. Pam sê dit maak nie eens saak nie want hille is laf. Laf is Engels vir laaik. Maar ek glo nie want ek en Pam is ôk so en die armie se bed is nog te kort vir my.
Ons kan nie vir die troue kyk nie want dit is in die dag en ons is soldate. Die koppiraal sê dis bytendien nie eens ons besigheid nie vir wat wil ons dit sien. Seun sê dis oorlat dit groot nies is soos toe hille op die maan geklim het en hoekom het ‘n mens dan ‘n tiewie? Die koppiraal sê ja jyt ‘n kop ôk maar jy gebryk dit ôk nie altyd nie.
Jympie Jonsin het vir ons beduie hoe werk die betoogirs wat nie wil hê die Springbokke moet in Nou Seeland speel nie. Hy sê hille werk met geld want hille het nie werk nie. Dan pitaal iemand hille om teen goed te wees wat hille nie eens weet wat dit is nie. Hille weet nie wat is ‘n springbok nie want daar is nie ‘n Kalahari nie want dis te nat van die modder. Jympie sê ons moet hille net meer geld pitaal dan sal hille vir ons wees.
Seun sê hy’t gehoor hille gaan die armie se soldate stuur om die polieste te help met die betoogirs. Ek glo nie want ons weet nie een waar dit is nie.
Sê vir Sussie sy moet aanhou dan word sy ôk ‘n Springbok. Dan sal die betoogirs mos lekker bang wees.
Groetnis, Kleinjan
|